KAAPJAG VIER 40 JAAR IN DIE BEDRYF

Ons Bedien Sedert 1984 die Jagter in die Wes-Kaap

Veertig jaar gelede (in 1984) is die Kaapse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (KAAPJAG) gestig deur die onbaatsugtige pogings van 'n handjievol jagters wat die noodsaaklikheid identifiseer het om 'n organisasie te skep met die uitdruklike doel om hul vryheid om te jag te beskerm. Deur hul pogings het hulle nie net hul eie vryheid om te jag verseker nie, maar ook 'n instelling daargestel wat gevorder het tot 'n organisasie waarop ons vandag werklik trots kan wees!

KAAPJAG eer en vier die visionêre pogings en nalatenskap wat hierdie jagters uitgestippel het. Vandag is daar slegs 'n handjievol stigterslede wat nog by die Vereniging is en aktief die visie van 40 jaar gelede om hul vryheid om te jag te verdedig, nastreef. Hierdie nederige beginjare het die fondasie vir KAAPJAG daargestel om 'n leier vir jagters in die Wes-Kaap te word.

Die reis vanaf 1984 tot 2024

KAAPJAG het 'n suksesvolle jag- en skietvereniging geword. Ons hoofdoel is steeds die bevordering van verantwoordelike jag. Aanvanklik was die ledegroei stadig, maar die mans en vroue wat destyds lede van hierdie vooraanstaande instelling geword het, het almal dieselfde doel as hul mede stigterslede gedeel, naamlik:

Om te bestaan ter wille van die verdediging van ons vryheid om te jag.

Gedurende die vroeë 21ste eeu het die landskap van ons Vereniging drasties verander. Jag- en sportskietverenigings is belas met die bykomende verantwoordelikheid om toegewyde jagters en sportskuts te sertifiseer. Hierdie verantwoordelikheid is deur ons vereniging opgelê deur die Wet op Beheer van Vuurwapens van 2000 wat akkreditasie by die Suid-Afrikaanse Polisiediens vereis as 'n geakkrediteerde jag-, en later, sportskietvereniging ingevolge die bepalings van die genoemde Wet. Die skep van twee afsonderlike klasse vir lede het 'n addisionele las op ons hulpbronne geplaas aangesien die vereniging nou 'n prosedure en stelsel moes instel om tussen die "Lukrake" en "Toegewyde" lede te onderskei.

Die nuwe Wet op Beheer van Vuurwapens het 'n beduidende groei in ons lidmaatskap tot gevolg gehad en KAAPJAG kan tereg sê dat dit die nuwe uitdagings met ywer en sukses aangepak het. Lede wat toegewyde status deur ons Vereneging gekry het, kon ingevolge die Wet 'n onbeperkte aantal vuurwapens vir jag en sportskiet besit solank hul toegewyde status by die Vereniging volhou is . Dit het egter die kernsaak en doel van ons bestaan om ons vryheid om te jag te verdedig verander as ’n metode waardeur lede hul bestaande en addisionele vuurwapens kon regverdig. Met tyd en helaas, het laasgenoemde doel die oorspronklike suiwer beginsels waarmee ons gestig is, oorskadu.

’n Benadering tot Komplekse Uitdagings

Met die verloop van tyd het ons pynlik bewus geword van die bedreigings teen ons vryheid om te jag, te skiet en vuurwapens te besit, waaronder die stigting van ’n goed-georganiseerde en internasionale beweging van werwers teen jag- en vuurwapenbesit.  Hierdie organisasies word op internasionale vlak ruim befonds deur emosionele filantropiste en ander nie-regeringsinstellings wat slegs een aweregse en emosionele doel het, en dit is om jag en vuurwapenbesit in al sy vorme te vernietig.

Terwyl ons besig is met die proses om 'n nuwe jaggeweer te lisensieer met die oortuiging dat lidmaatskap tot KAAPJAG slegs is om hierdie nuwe geweer te regverdig, werk die teenvoeters onverpoos om ons van ons mees fundamentele kulturele aktiwiteit van jag en vuurwapenbesit te ontneem. Dit is noodsaaklik dat voornemende lede bewus moet wees daarvan dat lidmaatskap ’n belangriker doel dien as slegs die onmiddelike behoefte om ’n vuurwapenlisensie te bekom. Ons moet minder onverskillig word teenoor die feit dat daar 'n groter prentjie is, naamlik:

Die bedreiging teen ons vryheid om te jag, waarsonder die vuurwapens wat ons vandag besit, oorbodig sal word.

Bewusmaking is die sleutel tot sukses

Lidmaatskap tot KAAPJAG is NIE gelykstaande aan die goedkeuring van 'n vuurwapenlisensie nie, maar eerder om by te dra tot die doel van jou vryheid om te jag. Dink aan die volgende generasie en hoe hulle ons lakse houding teenoor die beskerming van hierdie vryheid sal beskou.

Moet asseblief nie ’n lid van ons Vereniging word om die besit van jou nuwe vuurwapen te regverdig nie en daarmee saam te glo dat bestaande lede die saak namens jou sal bedien nie.

Affiliasies vir sukses

Om doeltreffend jou vryheid om te jag en jou vryheid om vuurwapens te besit te verdedig, moet ons saam staan en die organisasies wat agter die skerms vir hierdie doel werk, ondersteun.

Onverpoos en met beperkte hulpbronne, werk ons daaraan om ons vryheid te verdedig. Ter ondersteuning hiervan het KAAPJAG sedert ons stigting met CHASA (Die Konfederasie van Jagverenigings van Suid-Afrika) geaffilieer. CHASA het ten  doel om ons belange op nasionale en internasionale vlak te beskerm.

CHASA was op sy beurt 'n stigterslid van die Koalisie van Volhoubare Gebruik van Suider-Afrika (SUCo-SA) met 'n veel groter voetspoor as ons eie, met die uitdruklike doel om ons vryheid om die diere wat ons jag volhoubaar te gebruik, sowel as alle ander vorme van hulpbronverbruik, te verdedig.

Indien KAAPJAG gelukkig genoeg is om nog veertig jaar te bestaan, gaan ons lede benodig wat oor die groter prentjie omgee.

Ons weet dat ons op jou ondersteuning kan reken!

Die KAAPJAG Credo

Ons mikpunt is om die kennis van die liefde van wildelewe en die natuur te bevorder, terwyl ons goeie amateursportmanskap in die jagveld bevorder.  

Ons is toegewyd tot die daadwerklike teenkanting van die vernietiging van wildelewe en die natuur.

Daarmee saam beywer ons ook om aan al die wette, verordeninge en amptelike voorskrifte wat die bewaring van fauna en flora betref te voldoen.

LEES ONS CREDO HIER

ENQUIRIES

Please contact us with any queries you may have.

back to blogs