KAAPJAG TAK-KOLLIG: WYNLAND

Rawsonville, Worcester, Robertson, De Doorns, Bonnievale, Montagu, Barrydale 

Voorsitter: Gert Visser

Wynland-tak bedien ‘n groot area wat gebiede soos Rawsonville, Worcester, Robertson, De Doorns en ook dorpe soos Bonnievale, Montagu en Barrydale insluit. Hierdie omgewing is vrugtewêreld en die landbouaktiwiteite is intensief en uiteenlopend. Dit is dan geen wonder dat Wynland ons naasgrootste tak binne Kaapjag is nie. Baie van hierdie tak se lede is boere en mense wat in landbouverwante bedrywe werksaam is.

Ons lede in hierdie streek is goeie skuts en jagters en as ons net na die Kaapjag Intertakskiet-trofee kyk, is dit opvallend hoeveel kere hierdie tak se naam daarop voorkom.

Ons kan nie van Wynland-tak praat, sonder om ook Andries du Toit se naam te noem nie. Andries was grotendeels verantwoordelik vir die uitbou van hierdie tak in terme van groei, aktiwiteite en finansiële posisie. Gert Visser het hom in hierdie taak ten volle ondersteun en was die aangewese kandidaat om by Andries oor te neem.

Wynland-tak se sukses is ook te danke aan die ondersteuning van sy borge wat steeds hierdie verbintenis met Kaapjag voortsit. Gert Visser is ‘n wingerdboer, afkomstig van Robertson, en ‘n ervare skut en jagter. As dit by Wynland kom, staan Gert se hande vir niks verkeerd nie en hy lei die lede van hierdie streek, deur sy voorbeeld van toewyding en diens.

Waarna lede kan uitsien

Hierdie streek is in die bevoorregde posisie om toegang te tot goeie vuurwapenhandelaars te kan hê, met verskaffers soos Quénets Hunting and Fishing op Worcester en Wildman Hunting & Outdoors op Robertson. Die streek word deur die tak se eie skietbaan, wat net buite Robertson op die Mc Gregor-pad geleë is, bedien. Hierdie skietbaan se ligging is ideaal en bied al die geriewe vir uiteenlopende en gereelde skietgeleenthede.  

Wynland Tak gaan die gasheer wees vir Kaapjag se Intertak- CHASA baanskiet op Saterdag, 17 September 2022.

Besoek gerus ons kalender om hierdie tak se komende skietgeleenthede te besigtig. 

Lidmaatskap

Indien u in die gebiede van Rawsonville, Worcester, Robertson, De Doorns, Bonnievale, Montagu of Barrydale woonagtig is, sal u outomaties met die Wynland-tak verbind word ten tye van u suksesvolle lidmaatskapaansoek.

ENQUIRIES

Please contact us with any queries you may have.

back to blogs