KAAPJAG TAK-KOLLIG: WES-BOLAND

Malmesbury, Moorreesburg, Piketberg, Eendekuil, Citrusdal, Riebeek Kasteel, Riebeek Wes, Wellington

Voorsitter:  Servaas Rabie

Wes-Boland Tak is gesetel op Moorreesburg en staan onder leiding van Voorsitter, Servaas Rabie.

Servaas is in die Robertson-distrik gebore en het op ’n plaas grootgeword, waar sy liefde vir jag van kleins af deur sy pa en oupa (albei boere) gekweek is. Hulle het hom aan jag en ongediertebeheer bekend gestel, wat die grondslag vir sy toewyding aan die jagwêreld gevestig het. In 2009 het hy na Moorreesburg verhuis om sy loopbaan by die Weskus Distriksmunisipaliteit by Tegniese Ondersteuningsdienste voort te sit.

Buiten sy werk, is Servaas steeds aktief by perdeskoue regoor die land betrokke, waar hy as aankondiger optree. Hy en sy gesin geniet dit om aan skietgeleenthede deel te neem, en hy stel hom met oorgawe in om ander te help en touwys te maak met Kaapjag se verskeie skietdissiplines.

Waarna lede kan uitsien

Wes-Boland Tak is 18 Oktober 1999 gestig, as een van die eerste takke van Kaapjag, met 47 lede. Die tak het sedertdien, onder bekwame leiding gegroei tot tien maal die aanvanklike nederige begin. Wes-Boland Tak is gedurende 2018 as die Kaapjag Tak van die Jaar aangewys en is een van die mees aktiewe takke wat lede aktiwiteite betref.

Hierdie tak bied die volledige reeks dissiplines aan, wat die lede benodig vir instandhouding van hulle toegewyde jag- en sportskietstatusse. Die fokus is nie alleenlik op formele dissiplines nie, maar ruimte word ook geskep vir pretskiete en informele deelname.  Wes-Boland Tak beskik oor sy eie klubhuis en 500m skietbaan.

Besoek gerus ook hierdie tak se eie onafhanklike platforms:

⨠ Webtuiste: www.wesbolandjag.co.za 

⨠ Instagram: www.instagram.com/wesbolandjag 
 

Besoek gerus ons kalender om hierdie tak se komende skietgeleenthede te besigtig.

Lidmaatskap 

Indien u in die omgewings van Malmesbury, Moorreesburg, Piketberg, Eendekuil, Citrusdal, Riebeek Kasteel, Riebeek Wes of Wellington woonagtig is, sal u outomaties met die Wes-Boland Tak verbind word ten tye van u suksesvolle lidmaatskapaansoek.

ENQUIRIES

Please contact us with any queries you may have.

back to blogs