Deur: Matt Relihan
Kaapjag se ledebetrokkenheid en -deelname was pragtig ten toon gestel tydens die Vereniging se jaarlikse Intertak CHASA Ghong Uitdaging en ons 41ste Algemene Jaarvergadering wat op Saterdag, 12 April 2025 te Heidelberg, Wes-Kaap plaas gevind het. Die dag se verrigtinge is ruim deur Safari Outdoor ondersteun met ‘n borgskap ter waarde van bykans R50 000. As gaste van ons nuutste tak in die Suid-Kaap, het die Langeberg Tak die Vereniging se lede met wonderlike gasvryheid en uitstekende voorbereidings en aanbieding getrakteer. Langeberg se Takvoorsitter, Jaco Uys en sy span het gesorg dat elke lid ’n aangename ervaring gehad het.
Jaco en sy span se toewyding en harde werk het ons goeie besluit om ’n tak in die Langebergomgewing (wat Swellendam, Witsand, Heidelberg, Barrydale, Ladismith, Riversdal en Stilbaai bedien) net weereens bevestig.
Asof die weer spesiaal vir ons bestel was, is ons die oggend van Saterdag, 4 April 2024 met die mooiste dag denkbaar by Diekloofplaas begroet. Dit sou ‘n aangename dag bly alhoewel die wind later die oggend effe begin waai het. Die voormiddag is opsy gesit vir die Intertak CHASA Ghong-Uitdaging, waarvoor 9 uit 10 van Kaapjag se takke spanne ingeskryf het. Skuts het van sover as die Boesmanland gekom om hulle vaardighede teen hul mede Kaapjag lede te toets.
Vier bane van 5 ghonge elk is uit verkillende uitdagende posisies, onder andere ‘n sit-baan, staan-baan en twee lê-bane, aangebied. Afstande het vanaf 150 meter tot 350 meter gewissel, met verskillende grote ghonge van tussen 100mm en 200mm. Langeberg Tak se bestuurspan en hul gades het uitsonderlike moeite doen om die dag vir die skuts so aangenaam moontlik te maak, met voldoende skadu en verversings, benewens hul uitstaande organisasie. Teenwoordigers van ons gewaardeerde borg, Safari Outdoor, het almal deurlopend aangemoedig, te same met die gazebo’s vir skadu en vlae om kleur aan die dag te verleen. ’n Spesiale woord van dank gaan ook aan Sentraal Tak, wat hul sleepwa met toerusting beskikbaar gemaak het en so gehelp om die nodige toerusting aan te vul.
Spankategorie
Top skuts
Die skuts het ten spyte van die perfekte toestande tog by tye sommige teikens as uitdagend ervaar. Soos dit hoort by so spoggeleentheid, was daar geen teikens op ’n silwer skinkbord aangebied nie. Na afloop van die skiet, het die skuts ‘n kort pouse geniet, waarna die volgende deel van die dag se verrigtinge in aanvang sou neem.
Kaapjag se 41ste Algemene Jaarvergadering het om 14:00 by die Heidelberg Gholfklub plaas gevind. Die verrigtinge het met ’n heerlike broodtafel afgeskop, wat met verskeie van die omgewing se smaaklike konfyte en kase gedek was, net om enige moontlike hongerpyne aan te spreek, voor die vingerete wat na die vergadering aangebied was. Intussen was die gholfklub se kroeg beskikbaar vir diegene wat na ’n koel lafenis op soek was. Die AJV se agenda is doeltreffend en professioneel hanteer, en vergesel van ’n pragtig voorbereide aanbieding deur ons administrateur, Mimi Reyneke.
Hoogtepunte uit die sakelys was ongetwyfeld die bekragtiging van die nuwe dagbestuur, asook die goedkeuring van die finansiële state en die ledegelde vir die komende jaar. Kaapjag kon daarin slaag om sy ledegelde vir die 2025/2026 periode onveranderd te hou. Hierdie is voorwaar ‘n noemenswaardige prestasie in hierdie tye van toenemende kostedruk.
’n Verdere hoogtepunt van die verrigtinge, was die trekking van die Safari Outdoor/Kaapjag Ledewerwing. Safari Outdoor skenk jaarliks ’n geweer as die top prys in hierdie gelukkige trekking, te same met geskenkbewyse vir die naaswenners. Vanjaar het ons borg weer ‘n pragtige nuwe CZ .22LR American geweer as die top prys geskenk. Met die gewildheid van randslagskiete wat eksponensieel toeneem, is dit voorwaar ’n gesogte prys.
Dertig persent van Kaapjag se nuwe lede, word deur bestaande lede gewerf. Om hierdie praktyk aan te moedig, word elke lid wat ’n nuwe lidmaatskapinskrywing vir die Vereniging besorg by hierdie trekking ingesluit. Die trekking vir die gesogte prys vind dan by AJV plaas. Vanjaar is die pragtige nuwe skietding deur Andro du Preez vanaf die Koue Bokkeveld tak gewen.
’n Heerlike vingerete is na afloop van die vergadering bedien en die lede kon rustig op die gholfklub se stoep aan ’n dranke teug terwyl hulle die uitsig oor die pragtig versorgde setperke geniet.
Kaapjag se Bestuur maak graag weereens van hierdie geleentheid gebruik om ons borg, Safari Outdoor vir hul ruim borgskap en teenwoordigheid te bedank, asook die harde werk en toewyding van die gasheertak, Langeberg.
Spesiale woord van dank gaan ook aan:
Mag ons Vereniging verder van krag tot krag gaan in die strewe om elkeen se Vryheid om te Jag te beskerm.
ENQUIRIES
Please contact us with any queries you may have.