JAARLIKSE VERSLAGDOENING 2022

Geagte Kaapjag lid,

BELANGRIKE KENNISGEWING AAN ALLE TOEGEWYDE JAGTERS EN TOEGEWYDE SPORTSKUTS

Die Vuurwapenwet (Wet 60 van 2000) en die ooreenstemmende Regulasie Nr: 4, bepaal dat ‘n geakkrediteerde vereniging gereeld sy toegewyde lede moet evalueer t.o.v. hul bona fides om toegewyde status te hê en te behou.

Die vereniging is ook wetlik verplig om te bepaal of daar deelname aan vereiste aktiwiteite was en of daar behoorlik rekord daarvan gehou word. Jaarliks op 31 Desember, moet alle geakkrediteerde verenigings aan die Registrateur verslag doen m.b.t. toegewyde lede wat nie voldoen het nie. Onthou dat u tydens die hernuwing van u vuurwapen lisensies gebruik/deelname moet kan bewys. Dit is dus daarom belangrik om ‘n bewese rekord van aktiwiteite in stand te hou.

Baie dankie aan die toegewyde lede wat reeds verslae ingedien het of hul aktiwiteite op Hunters Portal aangeteken het.

Vereistes vir die behoud van toegewyde status:

  • Kaapjag toegewyde jagters en sportskuts moet volopbetaalde lede wees en normaalweg aan ten minste twee aktiwiteite deelgeneem het, gedurende die voorafgaande 12 maande.
  • Lede wat gedurende 2022 die toegewyde eksamens afgelê het en/of toegewyde status bekom het, hoef geen verslag vir 2022 in te dien nie, aangesien die eksamen en die skiettoets as voldoende aktiwiteite aanvaar word.

Geskikte aktiwiteite vir behoud van Toegewyde Jagter status:

Twee aktiwiteite benodig vir voldoening.

  • Alle skietbyeenkomste deur Kaapjag aangebied as ook enige amptelike geleenthede.
  • Enige jag of jagverwante aktiwiteit wat u kan bewys d.m.v. ‘n jaglisensie, jag toestemmings-/verwyderingsbrief, fotos of iets dergeliks

Geskikte aktiwiteite vir behoud van toegewyde Sportskut status:

Twee Sportskiet byeenkomste benodig vir voldoening.

  • Alle formele skietbyeenkomste deur Kaapjag of ander verenigings aangebied.

Metode van verslagdoening:

  1. Laai u aktiwiteite deurlopend en voor 30 Nov 2022, op Hunters Portal. Gaan na www.kaapjag.co.za en klik dan op Hunters Portal. Kyk die video, indien u nog nie voorheen op u profiel aangeteken het nie. Klik hierna op Member Login en teken op u profiel aan, of
  2. Voltooi asb die verslagdoeningsvorm. Die vorm is beskikbaar deur HIERDIE skakel te klik. Voltooi asb die verslag en e-pos dit aan info@kaapjag.co.za. Digitale handtekeninge word aanvaar word. Geen stawende dokumente moet aangeheg word nie. U moet egter self, die stawende dokumente bewaar.
  3. Indien u geen aktiwiteite gedurende die voorafgaande 12 maande gehad het nie, verskaf die rede in die ruimte daarvoor voorsien.
  • Onbetaalde toegewyde lede, sal ongelukkig hul status verloor en dit mag die besit van vuurwapens wat verkry is onder Afdeling 16 van die Wet, in gevaar stel.
  • U verslag moet ons asb voor of op 30 November 2022 bereik.

Baie dankie

Navrae: Matt Relihan info@kaapjag.co.za

ENQUIRIES

Please contact us with any queries you may have.

back to blogs