.png)
Die Kaapse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (Kaapjag) is in 1984 deur ’n groep jagters gestig wat bemoeid was met wildbewaring en spesifieke jagareas.
Sedertien het die vereniging reeds die tuiste van 3 300 jagters en sportskutte geword, wat in hul liefde en passie vir wildbewaring en die natuur deel.
Kaapjag is nasionaal by CHASA (Die Konfederasie van Jagtersverenigings van Suid-Afrika) geaffilieer. CHASA verseker skakeling met die Suid-Afrikaanse Polisie, die Departement van Omgewingsake, Visserye en Bosbou en vele ander jag- en bewaringsverwante organisasies.
Ons mikpunt is om die kennis en liefde van wildelewe en die natuur te bevorder, terwyl ons goeie amateursportmanskap in die jagveld bevorder.
Daarme saam is ons ook toegewyd om aan al die wette, verordeninge en amptelike voorskrifte wat die bewaring van fauna en flora betref te voldoen.
Om in verbinding te tree en op hoogte van sake te bly, besoek gerus on webtuiste en sosiale media platforms of stuur ‘n e-pos na info@kaapjag.co.za
ENQUIRIES
Please contact us with any queries you may have.