DIE KAAPJAG BELOFTE AAN SY LEDE

Die Kaapse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (KAAPJAG) is in 1984 deur ’n groep jagters gestig wat bemoeid was met die bewaring van wildekewe asook spesifieke jagareas. Sedertien het die vereniging reeds die tuiste van 3 600 jagters en sportskieters geword, wat in hul liefde en passie vir wildelewe en natuur deel.  

KAAPJAG is nasionaal by CHASA (Die Konfederasie van Jagtersverenigings van Suid-Afrika) wat meer as 14 000 lede het geaffilieer. CHASA verseker  skakeling met die Suid-Afrikaanse Polisie, die Departement van Omgewingsake, Visserye en Bosbou en vele ander jag- en bewaringsverwante organisasies.

KAAPJAG se doelstellings is die bevordering van verantwoordelike jag, sportskiet en bewaring.

KAAPJAG bied aan sy lede:

  1. ‘n Effektiewe en gevorderde webtuiste-/administratiewe stelsel wat sekere dienste aanlyn bied.
  2. Toegewyde Jagter- en  Toegewyde Sportskietstatus wat sy lede in staat stel om meer as vier vuurwapens te besit.
  3. Endossering en adviseuring van sy lede met betrekking tot vuurwapenaansoeke by die SAPD.
  4. Nege takke, wat geografies geleë is, en deurlopend gerieflikheidshalwe aktiwiteite aanbied.
  5. Derde Party Aanspreeklikheidsversekering vir enige amptelike Kaapjagbyeenkoms.
  6. Die gereelde oordra van beskikbare jaggeleenthede.
  7. Inspraak in die bestuur van Kaapjag.
  8. Fisiese kantoor in Durbanville met kundige en toegewyde personeel beskikbaar – Maandae tot Vrydae.
  9. Noue samewerking met vennote in die industrie, byvoorbeeld Cape Nature, om dit te om die proses om jaglisensies te bekom te vergemaklik.
  10. ’n Grondwet wat beskerming aan lede  en riglyne vir goeie bestuur bied.                                

Die KAAPJAG CREDO

Ons mikpunt is om die kennis en liefde van wildelewe en natuur te bevorder, terwyl ons goeie amateursportmanskap in die jagveld bevorder.  

Ons is toegewy daaraan om daadwerklik teen die vernietiging van wildelewe en die natuur te waak. 

Daarme saam is ons ook toegewyd om aan al die wette, verordeninge en amptelike voorskrifte wat die bewaring van fauna en flora betref te voldoen.

Lees ons credo hier.

Om in verbinding te tree en op hoogte van sake te bly, besoek gerus on webtuiste en sosiale media platforms (Facebook & Instagram) of stuur ‘n e-pos na info@kaapjag.co.za 


ENQUIRIES

Please contact us with any queries you may have.

back to blogs